Ander belangrike inligting

KROEG

Drankies is vir jou eie rekening, maar let wel dat Oakfield Farm geensins kontant as betaling aanvaar nie, MAAR slegs gebruik maak van Debiet/Krediet kaart fasiliteite.

AKKOMMODASIE BUSSIES

Sekere gastehuise gelys op die akkommodasie blad het bussies beskikbaar as 'n addisionele diens om gaste na Oakfield Farm en terug te vervoer vir diegene wat sou verkies om nie self te ry na ons GROOT makietie nie.

Trou Geskenk

Sou u ‘n geskenkie wou koop,
Spaar u self die baie loop.
Bêre die nootjie in die kas
En kom gooi dit in ons huwelikstas!

Fotos op die Dag

Hiermee n vriendelike versoek dat GEEN fotos of videos tydens die seremonie geneem mag word nie. Dit steur die fotograaf en videograaf met hul taak. 

Enige fotos wat deur gaste geneem word van die bruidspaar moet asb nie self op sosiale media gedeel word nie.  Fotos van die bruidspaar en ​​​enige ander fotos wat op die dag geneem word kan julle met ons deel deur dit op ons webwerf te laai. Indien julle nie wil hê dat jul fotos op sosiale media geplaas word is daar wel 'n blokkie vir kommentaar waar dit kan aangedui kan word.

Volg die link hieronder:

Fotos wat by die "Photobooth" geneem word kan met liefde op Sosiale Media gedeel word met die onderstaande hashtag:

#delangebruilof 

© 2019 by Divan & Deléne. Proudly created by Creative Combo