Ons Storie



Deléne se Storie
So het God ons paaie laat kruis toe ons albei dit die minste verwag het en die meeste nodig gehad het. Ek het my droomman, sielsgenoot, beste maatjie en superhero gevind en dan is hy nog so ongelooflik aantreklik ook
(Check net die man hier langs my!)
Divan de Lange het my hart gesteel en
daarom is dit my voorreg om sy van te
steel op 27 Julie 2019.
Ek kan nie wag om die res van my lewe met jou te deel nie. Ek sien uit om nog talle kosbare herinneringe saam met jou te bou.
- WARE LIEFDE, VEREWIG EN ALTYD -
Divan se Storie
Ek het altyd gewonder hoe die één lyk.
Jou lewensmaat, jou sielsgenoot.
Wonder waar is sy nou en wat
sy op die oomblik doen.
Toe op 'n dag (onverwags) stuur God die
engel van n mens oor my pad.
Van daai oomblik af voel
alles net reg.
Ek wonder toe, kan die blou oog
prinses die een wees?
Ek het haar gevind...
Die een wat my hart laat klop,
my laat voel ek kan enigiets doen,
en dit is net die begin...
- GELOOF, HOOP EN LIEFDE -